web uni tv guide
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Stokbrood met botter en konfyt – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
14 September 2023
Probeer hierdie smelt-in-jou-mond stokbrood – 'n heerlike bykos vir jou braai-maal.
stokbrood

Genoeg vir ses

Wat jy benodig:

10 g-sakkie kitsgis

15 ml sout

15 ml heuning

15 ml olyfolie

100 g fyn biltong

300 ml water

500 g (875 ml) broodmeel

kole of hout vir braai

Hoe jy dit doen:

Plaas gis, sout, heuning, olyfolie, biltong en water in ’n groot mengbak en meng met ’n houtlepel. Voeg broodmeel geleidelik by terwyl jy verder meng – voeg genoeg meel by om ’n kniebare deeg te vorm. Knie vir 8-10 minute op ’n meelbestrooide werkvlak. Plaas deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume, sowat 30 minute. Kry kole mediumwarm terwyl deeg rys en maak solank jou botter: Klop botter tot sag met ’n houtlepel en meng pistasieneute by. Rol botter in ’n worsvorm met behulp van ’n stuk bakpapier – jy kan self besluit hoe dik en lank. Plaas in yskas.

Verdeel gerysde deeg in ses balle. Rol elke bal in ’n lang wors van sowat 30 cm. Draai in ’n spiraal om die punt van ’n dikkerige stok en druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole, sowat 30 cm weg, tot goudbruin en gaar, so 25 minute. Trek van stok af en sit voor met botter en konfyt.

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dit doen!