web uni tv guide
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Hitte met Herman: Anderste aartappelslaai – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
05 Oktober 2023
Wat is 'n braai sonder aartappelslaai? Jy kan hierdie slaai sonder of saam met jou braaivleis geniet.
aartapelslaai

Ek kook die aartappels halfgaar en braai ek dit dan verder oor die oop vuur vir ekstra geur te danke aan die rook.

Genoeg vir 6-8

Wat jy benodig:

hout of kole vir braai

1 x 500 g-sakkie baba-aartappels, gehalveer

1 rooi-ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, baie fyn gekap

8 agurkies, in klein blokkies gesny

1 hand vol koljanderblare, fyngekap

125 ml geroomde peperwortel

250 ml mayonnaise van goeie gehalte

45 ml olyfolie

sout en varsgemaalde swartpeper

Hoe jy dit doen:

Plaas aartappels met skil aan in ’n middelslagpot en bedek met water. Bring tot kookpunt en laat aartappels kook tot sag en gaar, sowat 12-15 minute. Dreineer. Kry jou vuur lekker warm en sorg dat jy rooi kole het. Maak intussen die sous: Meng die ui, knoffel, agurkies, koljander, peperwortel en mayonnaise in ’n groot mengbak. Pak aartappels in ’n toeklaprooster met gesnyde kante almal eenkant toe. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en peper.

Braai aartappels 5-8 minute of tot goudbruin en gaar. Voeg warm aartappelhelftes by sous. Meng goed, laat afkoel tot kamertemperatuur en sit voor.

Kyk die video hier bo om te sien presies hoe Herman dié resep voorberei!