Foto verskaf
Mari-Louis Guy is ’n krag om mee rekening te hou. Nie net kan ons onsself week ná week verkyk aan haar kleurvolle uitrustings nie, maar haar opbouende kritiek aan die jong Koekedoortjie-deelnemers is gewoonlik in die kol. Sy het ’n paar van haar hoogtepunte gedurende dié seisoen met ons gedeel.
1. Die deelnemers:
As jy op die stel is, sal jy aanvoel hoe elkeen van hulle kom om die ervaring te geniet. Hulle besef dit is ’n kompetisie en daar is nie tantrums, onnodige gewroeg en verwyte as hulle uitgestem word nie. Ja, daar is snikke en hartseer maar na 5 minute is hulle weer reg vir die volgende avontuur (sien weer boeties, trip Waterfront toe, laat slaap, ensovoorts).
VIND UIT HOEVEEL SPESERYE KAN ’N GEBLINDDOEKTE MARI-LOUIS OPNOEM
2. Nic:
Ons twee sonder die middellywe (ons blameer natuurlik die voorskoot ontwerp). Miskien moet dit die naam wees van ons musiekgroep. Spesifiek die rockliedjie-episode was hy vreksnaaks en ek geniet dit so om te sien hoe hy verkrummel rondom die kleingoed. Groot ou met sagte hart. Ons stem afsonderlik en kom dan saam om verder te koukus en te vergelyk. Nog nooit was daar ’n groot meningsverskil nie. ’n Sportman laat die punte vir hulself praat (hy het county krieket in Engeland gespeel).
3. Die publiek:
Ek het vanaf Montenegro ingevlieg en het gedaan op ’n vlug vanaf Istanbul na Kaapstad geklim. Die liefde en uitvra oor die program het my so ontsettend emosioneel gemaak. Daar is soveel liefde vir die program en in my tydjie in Suid-Afrika word daar oral waar ek gaan vir my gevra: “wie wen?” Wicus en Nix – die twee karperde soos sy ma sê. Hulle trek saam, ewe geliefd.
4. Dokters, dominees, kinders, ’n persoon voor my by Pick n Pay en vriende is almal mal van gees. Dit voel vir my of daar ’n groot Stormers-eindbeker môreaand gespeel gaan word.
SÓ REAGEER MARI-LOUIS OP DIE KONINGIN SE OPROEP
5. Die produksie:
Die ses maande weg van Suid-Afrika het my nederig gemaak en tyd gegee om terug te kyk na die groot rol wat al die dore in my lewe gespeel het (Koekedoor en die doortjies) en ek sit snuif-snuif hier met die grootste dankbaarheid dat so ’n geleentheid oor my pad gekom het. Die kwaliteit van die produksie laat my breëbors – stel, kamerawerk, uitdagings, regie, grimering, mediadekkings en ’n miljoen ander besonderhede. Die hoeveelheid tyd wat in so ’n produk ingaan is verbysterend en wys op die skerm.
ONTMOET MARI-LOUIS SE PRAGTIGE KROOS
6. Die oomblikke, sêgoed en natuurlik die gebak:
Boom slap bang en daar was jam! – Nix se lekker sêgoed.
Nic se singery.
Die glimlaggies deur die trane.
Die dierbare ouers se harte wat jy sien en amper soos ’n strokiesprent sien breek as kinders sukkel.
Wicus se varkies.
Die lieflike lawapoedings en die pragtige sneeupieke van ons talentvolle bakkers.
Die feit dat die episodes so gewissel het – topbakkers almal iewers en dan weer daar doer onder die volgende een.
Die winterstel en natuurlik daardie wyse ou uil.
Die mooi skilderye van Theo Paul Vorster, spesiaal vir ons geskilder.
Sneeu en Sanet Olivier – wat die mooiste verbeelding het en self soos Doringrosie lyk.